Jy kan dalk wegkom met ’n effense invat hier en daar, maar dis ’n ander saak as dit jou na jou bose tweeling laat lyk.

Ons kyk na bekendes wat dit so ’n bietjie oordoen het:

  • Die hartebrekers van Franse TV Igor en Grichka Bogdanoff (62) lyk soos onaantreklike weergawes van hulself. Die tweelingbroers het botoks, ken- en –wanginplantings en kollageeninspuitings in hul lippe gekry.

[caption id="attachment_59736" align="aligncenter" width="327"]Die Bogdanoff-tweeling voor hul onder die lem gegaan het Die Bogdanoff-tweeling voor hul onder die lem gegaan het. Foto: Facebook[/caption]

  • Die model en transgenderikon, Amanda Lapore (44), het ’n besondere voorliefde vir plastiese chirurgie. Sy het amper te veel aan haar laat doen om op te noem: ’n hele paar borsvergrotings, verkleining van die wenkbroubeen, neusverandering, lipvergroting, lig van die voorkop en vloeibare silikoon in haar lippe.

  • Sy word die Katvrou genoem, en Jocelyn Wildenstein (36) se ingrypende operasies het haar voorkoms heeltemal verander. Op haar lysie van chirurgie is talle gesigsontrimpelings, wanginplantings, ooglidveranderings, oplig van die wenkbroue, kollageeninspuitings in die lippe, neusverandering en borsvergroting.

  •  Donatella Versace (56) het haar lewe daaraan gewy om vroue mooi te laat voel en lyk. Ons kan nie verstaan waarom hierdie mode-ikon haar mooi gesig so laat verander het nie. Sy het talle gesigsontrimpelings, borsvergrotings, neusveranderings en kollageeninspuitings in haar lippe gehad.

[caption id="attachment_59737" align="aligncenter" width="463"]versace after Foto: Twitter[/caption]

  • Pete Burns (54) is verslaaf aan plastiese chirurgie. Hierdie sanger-liedjieskrywer verander sy gesig so gereeld, dis moeilik om te weet hoe hy nou lyk. Hoe betaal hy daarvoor? Deur skadevergoeding van ’n chirurg wat sy lipoperasie jare gelede verbrou het. Sy eerste operasie was ’n neusverandering, gevolg deur talle lipinspuitings, lipinplantings, keninplantings en talle gesigsontrimpelings.

[caption id="attachment_59738" align="aligncenter" width="597"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

-         Koketso Mashika (@koketsoMashika)