Op die swemstrand by Witsand, sowat 45 km suid van Heidelberg, Wes-Kaap, het vakansiegangers, inwoners en selfs die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) een Saterdagmiddag koorsagtig probeer om een van hierdie beskermde soogdiere te red, maar dit was vergeefs. Die walvis het homself bly strand ten spyte van hul moedige pogings. 

Nou onstaan die vraag: Het die “Samaritane” die dier ’n tweede kans gegee of bloot sy lyding verleng? ’n Walviskenner verklaar dié tragedie.