. Haar eks, wat net as Matt bekend staan en duidelik nie van die mag van Adele bewus was nie, het in die strik getrap en dit het tot ’n interessante gesprek gelei. “Ek wou net sien hoe hy sou reageer,” het Mary aan Cosmo gesê. Die student van Atlanta het die gesprek begin met ’n bekende “Hello from the outside”.

“Haai jy,” antwoord ’n niksvermoedende Matt. Hy dink Mary wil hê hulle moet herening en word by haar poets ingetrek.
Mary bly in karakter. Sy antwoord net met lirieke uit Adele se lied. Dit verwar Matt, want “die laaste keer toe ek jou gevra het of ons kon uitgaan, het jy gesê ek moet gaan doppies blaas.”

Dan kom Matt tot die enigste logiese afleiding: Mary moet dronk wees.

“Ek voel jy gaan regtig berou dat jy dit gesê het wanneer jy nugter is,” tik hy terug.

Mary het skermfoto’s van die gesprek geneem en op Twitter gedeel met die byskrif: “Wanneer ’n eks vir Adele-lirieke val”. Die twiet het vinnig versprei en is meer as 20 000 keer as gunsteling gemerk en meer as 14 000 aangestuur.

“Hy was beslis nie ingenome (oor die twiet) nie.”

Ander internetgebruikers het Mary se poets wreed genoem.

“Ek is jammer, maar is ek die enigste een wat dink dit is nie koel om vir die grap so met iemand se gevoelens te speel?” het ’n gebruiker laat hoor wat as Cherlyn bekend staan.

Bronne: boredpanda.com, mashable.com, YouTube

<>