“Bad saam met jou kind, laat hulle platlê en laat die water aan hul ore raak. Vat jou kind saam in die stort en laat hulle vertroud raak met water. Dis belangrik dat jou kind gewoond raak aan water op hul gesig,” sê sy.

Nona bestuur die Stanmore Aquatics-sentrum in Oos-Londen waar 250 ingeskryf is. “Op sowat ses maande bring ons die kinders saam met hul ma of pa in die swembad. Dis belangrik dat die ouer nie bang is vir die water nie anders sal die kind daardie vrees optel.”

Sy benadruk die belangrikheid van kinders vertroud maak met water sodat die kind nie verras is wanneer hulle terug in die swembad is nie. Caryn Reeves, wat ’n graad in menslike bewegingskunde en ergonomie van Rhodes-universiteit agter haar naam het, verstaan hoe belangrik dit is om kinders vanaf ’n jong ouderdom te leer swem.

Caryn, wat ook by die Stanmore Aquatics-sentrum afgerig het, sê dis altyd gerusstellend vir die ouers om te weet die kind is gemaklik in die water. “Ons maak seker hulle kan dryf en tot by die rand van die swembad kom.”

Caryn sê ouers of ’n toesighouer moet tydens ’n verdrinking die kind dadelik uit die water haal en dan vasstel of die kind reageer of nie. “As die kind reageer, plaas hom in die herstelposisie. Dit mag dalk nodig wees om braking te veroorsaak om water uit die longe te verwyder. Begin met mond-tot-mond-asemhaling as die kind nie reageer nie en ontbied so gou as moontlik ’n ambulans.”

- Megan Bursey