Dis nooit te vroeg om jou kind oor verantwoordelike finansiële beplanning te leer nie. Al is daar nie in Suid-Afrika ’n ouderdomsbeperking vir kinders om debietkaarte te besit nie, gaan jy toestemming moet gee vir jou kind om die rekening te open. Omdat jou kind die kaart sonder jou toestemming of teenwoordigheid kan gebruik, is dit baie belangrik dat jy met hulle praat oor die verantwoordelike gebruik daarvan.

Leer jou kind verantwoordelike kaartgebruik

  • Laat jou kind meer oor bank leer: Praat met jou kinders oor die waarde van geld; hoe om te spaar, dit te laat groei en oordeelkundig te bestee.
  • Laat jou kind die gewoonte aanleer om hul eie bankbalans na te gaan: Dié eenvoudige stap gaan hulle help spaar en verantwoordeliker wees omdat hulle gaan sien hoeveel hulle het en kan bestee.
  • Help kinders die verskil tussen behoeftes en begeertes leer: Dit gaan hulle voorberei op keuses wat hulle in die toekoms sal moet maak.
  • Leer jou kind oor langtermyndoelwitte: Doele is belangrik vir hulle om die waarde van geld en spaar te leer. Amper elke speelding of item waarvoor jou kind vra, kan in ’n doelwit omskep word. Sulke doele kan jou kind verantwoordelik help maak.
  • Stel ’n gereelde rooster vas vir gesinsbesprekings oor finansies.

Hoekom kan ’n debietkaart ’n goeie idee vir jou kind wees?

  • Dit gaan jou kind leer om oorhaastige kopies te vermy: Kinders leer beter oor geld wanneer hulle hul eie moet bestuur. So gaan hulle leer spaar en beplan vir die toekoms.
  • Jy kan jou kind ’n veiligheidsnet gee: Finansiële foute is duur foute. As ouer kan jy jou kind ’n belangrike finansiële veiligheidsnet gee en seker maar hulle leer uit hul foute.
  • Jy kan jou kind gesonde gewoontes aanleer: Dit is baie maklik om oorweldig te raak deur te veel geld te bestee, veral wanneer jy jonk is. As ouer kan jy ’n belangrike rol speel  in jou kind se eerste ervaring met ’n debietkaart en die vryheid wat daarmee gepaardgaan.

- Janine Nel

Bronne: alldebtsolutions.co.za, nerdwallet.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.