Gratis flieks, toegang tot seremonies en die Chinese Imperiale Paleis is maar ’n paar van die lekkertes wat jaarliks op 1 Junie plaasvind. En natuurlik is deel van die dag se vierings ook geskenke vir die kinders.

Maar vir ’n 31-jarige vrou, net bekend as Liu, was Kinderdag allesbehalwe die feestelike vrolikheid wat dit moes wees.

Haar tweelingdogters het nierprobleme wat die finansiële las op die gesin feitlik onhoudbaar maak. Boonop het haar man bloot op ’n dag die huis verlaat en nooit teruggekeer nie. Sy en haar siek dogtertjies moet ’n bestaan uit boerdery probeer voer.

Verlede Dinsdag het sake vir die gesin net erger geraak. Een van die tweeling se gesondheid het so verswak dat sy na ’n dokter in Nanjing geneem moes word. Daar is bevind dat sy ook aan ’n akute lugpypontsteking ly.

Lees ook: Hartroerende openbaring by oueraand laat onderwyseres meer as 100 briewe aan leerders skryf

“Sy het terapie oor verskeie dae ontvang en die daaglikse mediese koste het sowat R237 tot R473 per dag beloop,” het Liu gesê. Daarbenewens moes die twee snags ’n gehuurde kamertjie van 2 m² deel.

Liu is genoodsaak om meer as R7 000 by haar familie te leen om haar dogter vir die nodige mediese sorg na Nanjing te neem. Haar skamele middele was kwalik genoeg om sojabone en koring by ’n supermark te koop vir hul twee se aandete.

“Toe ek die hoenderboudjie en die San Zi Jing (’n klassieke kinderboek) in die supermark sien, het ek dit gevat. Ek het net 5 joean (R11,84) gehad en die hoenderboudjie alleen het 7 joean (R16,57) gekos,” het Liu beken.

Lees ook: Ouers maak hart oop oor seldsame siekte wat kleuters met aanhoudende beroertes laat

Maar Liu het nie die items geneem vir eie gewin nie. Die volgende dag was immers Kinderdag en sy wou ook haar siek dogter ’n bietjie vreugde besorg in die vorm van ’n hoenderboutjie en die boek.

Nadat Liu deur die polisie gevang is, het haar droewige verhaal bekend geraak en talle mense se hart aangegryp. Donasies het ingestroom en kwalik twee uur later het weldoeners meer as 300 000 joean (R710 000) aan haar geskenk.

Wat Liu se verhaal selfs merkwaardiger maak, is die feit dat sy enige verdere donasies geweier het. Sy het ook aangedui dat sy bitter spyt is oor wat sy gedoen het.

Bron: people.cn

Ander stories op Huisgenoot.com

Hartbrekende nuus vir Taylor Swift

Kyk watter gewilde sanger se eerste pienkvoet is onlangs gebore!

Prinses Charlene word weer tannie – kyk dié skattige foto’s!

Kyk die vreesaanjaende oomblik toe wilde olifant Arnold Schwarzenegger op safari in SA ‘bestorm’

#SpeelSaam: Kyk of jy 10 verskille tussen die twee foto’s kan raaksienPa neem ma se rol vir ’n dag oor – en besef vinnig waarvoor hy hom inlaat