Jy het al die boeke gelees lank voor hulle in ’n rolprent omskep is. Legolas, Gandalf en Bilbo Baggins het in Hobbitton en Rivendell rondgeloop en jou eie verbeelding het die details van dié fantasiewêreld ingekleur.

Nou is daar ’n app wat Middle Earth nog werkliker maak. Dié Chrome-app, wat jy op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon kan aflaai, gebruik die tegnologie agter Google Earth om jou op ’n toer deur hierdie fantasiewêreld te vat.

Dié app is ontwikkel vir die bemarking van die nuutste Hobbit-fliek, The Desolation of Smaug, wat van 13 Desember af vertoon word.

Hoewel die projek nog in wording is, kan jy nou reeds trolle probeer ontwyk, deur Rivendell wandel en die spookagtige Dol Guldur ontdek. KLIK HIER om self deur Middle Earth te wandel.

Die tonele lyk dalk meer na ’n rekenaarspeletjie as in die fliek, maar die ontwikkelaars het juis laeresolusie-teksture en prente gebruik sodat die app so min moontlik data gebruik en vinnig op jou slimfoon, tablet of rekenaar kan aflaai.

Hier is ’n voorsmakie:

Shané Barnard