Gewoonlik betower hy ander met sy musiek. André Rieu is immers ’n internasionaal bekende violis wat daarmee kan spog dat hy verlede jaar die meeste albums ter wêreld verkoop het.

Maar toe hy die suiwer sopraanstem van die Suid-Afrikaanse operasanger Kimmy Skota die Xhosa-wiegeliedjie Thula Thula hoor sing, het die emosie hom so oorweldig dat hy die trane nie kon keer nie.

“Toe ek haar hoor, het ek doodeenvoudig nie woorde gehad nie en ek is ’n man wat gewoond is aan die verhoog.

Maar regtig, toe sy sing... Sjoe, dit was ongelooflik roerend,” vertel die Nederlandse vioolmeester ’n paar weke later

aan Huisgenoot, kort voor die Kaapse been van sy onlangse Suid-Afrikaanse konsertreeks en raak weer aangedaan.

Net daar het hy besluit sy moet tydens sy Suid-Afrikaanse konserte saam met hom optree.

Hy is trouens so beïndruk met sy swart diamant – soos hy na haar verwys – dat sy nou ’n jaar lank saam met hom deur die wêreld gaan toer.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 13 Mei 2010.