Die advertensie moedig mense aan om daarop te tik en ’n nuwe weergawe van die app te laai of toegang daartoe te verloor. So waarsku ’n Duitse waghondgroep genaamd Zuerst Denken, Dann Klicken (dink eers en klik dan).

Gebruikers word aangeraai om sulke advertensies te ignoreer omdat dit nie van WhatsApp kom nie. As jy onseker is, moet jy die verstellings self nagaan onder “accounts” en dan “payment info”. Nuwe installasies moet net deur die Google Play-winkel gedoen word.