’n Ontstellende video van wat vermoedelik ’n kaping was en skeefgeloop het, het rondom vyfuur Maandagmiddag die lig gesien.

In die video kan gesien word hoe een voertuig probeer omdraai terwyl ’n tweede een ’n ent vorentoe met noodflikkers aan, stilstaan.

Die persoon wat die video gedeel het, fokus op ’n mens wat in die pad lê. Hy klop aan die venster van die stilstaande voertuig. ’n Vrou, duidelik getraumatiseerd, kyk hom beangs aan. Sy kry nie woorde uitgespreek nie. Die man, saam met haar in die voertuig, antwoord. Hy praat van ’n motor wat nadergekom het, AK-47’s uitgehaal het en skote begin afvuur het. Die artikel sal bygewerk word sodra meer inligting bekend is. Waarskuwing: Grafiese video en kru taal: