Waves are dominating the promenade this afternoon.

A photo posted by Karen Zoid (@karen_zoid) on

Nadat aansienlike skade op Vrydag 22 April weens verwoestende wind en reën in die Wes-Kaap aangerig is, waarsku die Wes-Kaapse rampbeheersentrum die provinsie moet gereed maak vir moontlike vloede van Donderdagaand af.

Kyk foto’s: Ware winterweer looi die Wes-Kaap

Luidens berigte is die betrokke munisipaliteite slaggereed vir moontlike noodtoestande.

Swaar reënbuie word verwag in veral die suidwestelike dele van die Wes-Kaap. Stormsterk winde word vir die bergagtige gebiede voorspel terwyl golwe van tot 6 m hoog verwag word.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerburo is daar Donderdag ’n 30-persent-kans op reën in die Wes-Kaap, terwyl dit Vrydag tot 80 persent verhoog. Bibber gaan daar gebibber word met temperatuur wat tussen 14-16 grade voorspel word.

Oos-Londen kan ook Vrydag gereedmaak vir ’n 60-persent-kans op reën. Die res van die land gaan oënskynlik warmer en droër weer geniet.

Snow Report SA sê daar’s ’n wesenlike moontlikheid van sneeu Vrydagaand tot Saterdagoggend as die weerstoestande so bly. Dit geld vir alle bergreekse van Oudtshoorn tot Hogsback en die Witteberge. Selfs die Drakensberge en die Malutiberge asook Lesotho moet voorberei vir ’n ysige wit kombers.

sneeu

Wenke vir motoriste op nat paaie en waar daar sneeu is

1. Wees bedag daarop dat slegte weer jou sig en jou motor se padhouvermoë belemmer.

2. Arrive Alive beklemtoon dat jy tydens ongure weer liefs nie op die pad moet wees nie, behalwe as jy werklikwaar moet ry.

3. Verminder spoed, ongeag of jy ’n 4x4-monster of ’n muggiemotor ry.

4. Vergroot die gaping tussen jou en die motor voor jou.

5. Moenie rem wanneer jy draai nie. Trap liggies voor ’n draai rem om stadiger te ry.

6. Moenie deur oorstroomde plekke ry nie. Dis nie maklik om die watervlak se diepte te bepaal nie en boonop kan water jou motor laat doodruk.

7. As jy wel deur ’n plas water moet ry, is dit ’n goeie idee om jou rem daarna liggies te trap. Dit veroorsaak hitte en wrywing wat die remme sal droogmaak.

8. Gaan jou ruitveërs gereeld na – moenie eers in eendeweer ontdek hulle is op die koffie nie.

9. Dieselfde geld vir bande. Goeie bande bied greep. Gladde bande bied geen greep nie en is uiters gevaarlik, veral wanneer paaie nat is. 10. Luister na die radiostasie in jou streek. Hulle verskaf gewoonlik goeie en vars verkeer- en weernuus. 11. Maak seker jou tenk is vol en dat jou selfoonbattery gelaai is. 12. Stel ’n kontaklys van noodnommers op en hou dit altyd byderhand in jou motor. 13. Bel ’n vriend: Maak seker iemand weet wanneer jy vertrek en jou beoogde tyd van aankoms. Vyf wenke hoe om warm te bly al is dit ysig koud

A photo posted by Carsten Renz (@carsten_rz) on

1. Bly droog en dra verskillende lae klere. Die laag teen jou lyf moet vogtigheid absorbeer en dit weg van jou lyf hou.

2. Drink water. Hoe meer water in jou liggaam is, hoe makliker is dit om warm te bly.

3. Geniet kos wat jou warm laat voel, soos sop, warm koffie en tee en selfs kos met ’n bietjie van ’n (rissie-)byt.

4. Jammer, maar alkohol is nie die kuur teen koud kry nie. Inteendeel – dit kan jou laat sweet, wat jou liggaam laat afkoel.

5. Bêre vir eers die polvy- en elegante skoene. As jou tone warm is, gaan jy ook beter voel. Dus, stewels en lekker warm sokkies. Selfs ’n ekstra paar sokkies as dit moet.

Bronne: realsimple.com, arrivealive.co.za, theweek.com, nbcwashington.com, traveller24.news24.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk net wat vang dié vrou met haar werkgewer se sap aan!

Groot omstredenheid heers oor Kate se asemrowende trourok jare ná sprokiestroue

Andriëtte in die wolke ná sege by Ghoemas – al loop sy dit byna mis

Pierre Greeff en Loki Rothman voer jou mee in roerende duet saam

Kyk hoe gelukkig is Dozi se eks deesdae!

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding