Die video hieronder is deur YouTube-gebruiker Operation Crime Watch op 25 September op hul kanaal gedeel.

Jane Linley-Thomas van East Coast Radio het ook die video gedeel. In haar kommentaar noem sy dat sy daagliks ervaar hoe min respek van die bestuurders vir die lewens van diegene wat hulle vervoer, asook vir padregulasies, toon.

Dit is onseker waar die grusame ongeluk plaasgevind het. Wat nog meer ontstellend van diƩ ongeluk is, is hoeveel dinge skeefloop vir beide voertuie - en dit binne enkele sekondes. En menselewens word vir die res van hul lewe hierdeur verander.

Wees gewaarsku: Die beeldmateriaal mag sensitiewe kykers ontstel.

Bronne: ecr.co.za, youtube.com