Shanta het haar liggaam as ’n buffer ingespan om ’n jong kind in Bridgeport in die deelstaat Connecticut te beskerm toe ’n motor op hulle afgejaag kom.

Haar desperate poging om hom uit die pad te kry, het heelwaarskynlik verhoed dat hy teen die muur vergruis is.

’n Ooggetuie sê die impak van die ongeluk “het geklink soos ’n bom wat afgaan”.

Die seun se broer is ook tydens die voorval beseer.

Al drie het wel oorleef en is nog besig om aan te sterk in die hospitaal. Die seun herstel van ’n operasie waartydens dokters suksesvol was om beide sy bene van amputasie te red.

Shanta sal volgende week vir haar heldedaad vereer word.

Die bestuurder van die voertuig, Allen Person (37), is in hegtenis geneem en word van roekelose bestuur aangekla.

Bronne: dailymail.co.uk, nypost.com, connecticut.news12.com