Inwoners van die Sakhile-township het vroeg reeds chaos veroorsaak tydens hul protesaksie oor gebrekkige elektrisiteitstoevoer en dienste aan die gemeenskap.

Bande is aan die brand gesteek en paaie is geblokkeer terwyl die ontevredenes eis om na die Lekwa-munisipaliteit te gaan oor gebrekkige dienslewering in die distrik. Dit is een van sewe munisipaliteite wat Eskom sowat R10.2-biljoen geskuld het. Daar word beweer die polisie het lewendige ammunisie ingespan terwyl hulle die protesaksie onder beheer wou bring.

Sers. George Dhlamini, woordvoerder van die Sakhile-polisiestasie het aan die webnuustuiste bevestig dat die kind in die hospitaal gesterf het. Sy naasbestaandes is nog nie van sy dood in kennis gestel nie.

Waarskuwing: Grafiese foto

[caption id="attachment_173675" align="aligncenter" width="600"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

Hy skat die ouderdom van die kind rondom 13-14 jaar oud. Hy het in ’n onderhoud met SABC bevestig dat die kind wel deur ’n koeël getref is, maar die oorsprong van die lewendige ammunisie is onbekend.

  Sers. Simile van Secunda se misdaadvoorkomingseenheid het kopbeserings tydens die protesaksie opgedoen toe hy met klippe gegooi is. Daar is steeds ’n sterk polisieverteenwoordiging op die toneel. Die R23 na Standerton is ook gesluit.