Dis ’n noodplan wat aangekondig is nadat dit bekend geword het dat ’n onbekende aantal gebruikers van Internet Explorer gister deur kuberkrakers aangeval is.

Die krakers teiken blykbaar ’n swak plek in Internet Explorer om so toegang tot die gebruikers se rekenaars te kry en hulle te herlei na skadelike webtuistes.

Gebruikers van Internet Explorer word aangeraai om óf onmiddellik Fix It te installeer óf om op te hou om dit te gebruik om webblaaie oop te maak totdat Microsoft se jongste Windows se bywerkingsprogram outomaties geïnstalleer word.

Jy kan Fix It installeer deur dié skakel na Microsoft se ondersteuningsblad te volg: https://support.microsoft.com/kb/2887505