Die akteur Tyrese Gibson het in die stryery tussen Dwayne Johnson en Vin Diesel, sy vriende op die stel van Fast & Furious, betrokke geraak.

#F8

A photo posted by Vin Diesel (@vindiesel) on

En hy het dit duidelik gemaak hy is ’n groot bewonderaar van Vin.

Hy het nie name genoem nie, maar volgens ingeligte bronne het hy van Vin gepraat in sy snydende plasing. Die stoeier het een van sy manlike medespelers ’n “candy a**” en “chicken s**t” genoem. Dit het gelyk asof Vin, een van die nuwe rolprent se vervaardigers, besig was om ’n antwoord voor te berei op Instagram, waarin hy geskryf het: “Soveel het vanjaar gebeur. Ek kan nie glo ek het twee opeenvolgende rolprente voltooi waar ek regisseur sowel as speler was nie. Nou wil ek teruggaan na my gesin, my lewe . . . Na my toe. “Veroorloof my dus ’n sekonde en ek sal julle alles vertel. Alles.”

Maar terwyl bewonderaars wag vir sy kant van die saak in die vete met The Rock, het Tyrese hom aan Diesel se kant geskaar in ’n opregte plasing op Instagram, saam met ’n kiekie van hom en sy medester in Fast 8. “Versprei altyd liefde,” het hy begin en bygevoeg: “Sonder om te sê ek het te veel oomblikke gehad om te tel, te veel diep gesprekke gevoer, ons het in te veel lande feesgevier, te veel speelafsprake met ons engele gehad. Ons broederskap en elke oomblik het my geïnspireer om ’n beter man en pa te wees. So baie krag waaruit ek kan put . . . “Ek is so f**ken trots om jou my familie en my broer te noem . . . selfs nou leer ek so baie omtrent stilsit en in die middel gesentreer te wees van al hierdie onverwagte energie.”

Spreading love always..... without saying I've had too many moments to counts, too many heart too hearts, we've celebrated in too many countries, too many exchanges, too many play dates with our angels...... Our brotherhood and every moment has inspired me to be a better man and father.... So much strength to pull from..... I'm so fucking proud to call you my family and my brother.... even now I'm learning so much about sitting still and being centered in the mist of all of this unexpected energy....... I've always said that if ONLY people knew how hard you work to protect this franchise and characters, minds would be blown...... The fans around the world who continue to show UP for us are just all around amazing...... And if no one else will jump out there and stand up I will - You're my brother for life let's keep it positive and keep rockin this thing...... My proudest post...... #FastFamily #F8 #PaulWeStillMissYouEveryday

A photo posted by TYRESE (@tyrese) on

Hy het voortgegaan: “Ek het altyd gesê as mense net weet hoe hard jy werk om hierdie franchise en karakters te beskerm, sal dit die verstand te bowe gaan . . . En as niemand anders daar gaan uitspring en opstaan nie, sal ek – jy is vir ewig my broer; laat ons dit lewend hou en hierdie ding aan die brand hou.”

© Cover Media