“Ons wil inwoners bewus maak dat ons water hulpbronne steeds onder geweldige druk is,” sê Virgil James, woordvoerder van die munisipaliteit. “Mense is onder die indruk dat ons nie meer ’n watertekort het nie, maar die reënseisoen het nog nie aangebreek nie en ons damvlakke is steeds laag,” sê hy.

Volgens Virgil is daar in hierdie stadium nog nie planne om waterbeperkings in te stel nie, maar hulle wil onder die inwoners se aandag bring dat dit ’n moontlikheid kan word indien hulle nie spaarsamig met water werk nie. Verlede jaar het Vlak 2-beperkings gegeld.[caption id="attachment_135912" align="aligncenter" width="651"]Waterbeperkings volgens Joburg Water. Waterbeperkings volgens Joburg Water.[/caption] “Die normale reëls geld steeds. Stort eerder as wat jy ’n lang bad te neem. Moenie water tussen ses uur in die oggend en ses uur in die aand mors nie.”
Volgens die stad Johannesburg se Twitter-rekenning word 40% van die stad se water gebruik om tuine nat te gooi. 15% van hierdie watergebruik kan verminder word deur om nie jou tuin tussen 8 uur in die oggend en 4 uur in die middag nat te gooi nie.
“Gewoonlik kry ons donderstorms teen einde Augustus, maar dit het nie gebeur nie. Dit sal waarskynlik teen einde September gebeur, maar ons wil inwoners aanraai om steeds water te bespaar.”

Wat jy moet weet: Inwoners mag nie tussen 6 uur in die oggend en 6 uur in die aand hulle tuine natgooi nie. Lees ook: 15 wenke om water te spaar Inwoners wat 20 000 - 30 000 liter water gebruik, sal ’n bykomende 10%-heffing betaal. Diegene wat 30 000-40 000 liter water gebruik, sal met ’n heffing van 30% gestraf word. Het jy dalk 'n swembad?

Tuinslange mag nie gebruik word om motors te was of paveisel af te spuit nie.

Water sal steeds beskikbaar wees, maar die druk in die pype sal verminder. Indien die tekort voortduur kan daar beurtwater ingestel word.

Ekstra bronne: johannesburgwater.co.za, 702.co.za