Wanneer die jongste aflewering van die gewilde VIA- werklikheidsprogram Bobby en Karlien: In Jou skoene vanaand uitgesaai word, gaan kinders moeite hê om die trane te keer. In dié episode loop die broer en suster in die legendariese liefdadigheidsjoernalis Dianne Broodryk se skoene.

Dianne, die aanbieder van Jacaranda 94.2 se Good Morning Angels, stel hulle voor aan Allistair en Merencia Scholtz, wat die El-Shammah-tehuis vir verwerpte babas hul lewensroeping gemaak het. Vanaand vra Bobby en Karlien hulp van vriende om ’n baie spesiale taak aan te pak.

Hier is nét vyf redes hoekom jy nie vanaand se episode van Bobby en Karlien: In Jou Skoene durf misloop nie.

Maar wees gewaarsku: Hou die snesies byderhand wanneer jy vanaand voor die kassie inskuif.

1. Vind uit hoekom Allistair & Merencia Scholtz van El-Shammah-tehuis vir verwerpte babas uitgesonder word.

2. Dis ’n wanopvatting dat supersterre soos Bobby en Karlien alles op ’n skinkbord kry. Hierdie episode gaan jou wys wat dit verg om ’n verskil in mense se lewe te maak.

3. Kyk hoe verstommend baie Dianne en die Good Morning Angels-span binne ’n week vermag.

4. Vind eerstehands uit hoe 18 babas se toekoms vir altyd verander.

5. Het jy dalk ’n taai week agter die rug? Vanaand se stap in iemand anders se skoene sal jou met nuwe moed en dankbaarheid vul.

Vanaand se episode van Bobby en Karlien: In jou skoene word om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai met herhalings op Sondae 18:30.

KLIK HIER om Bobby en Karlien te help om dié week ’n verskil te maak.