Die troufotograaf, Dwayne Schmidt, wat die troue van Caleb Earwood (21) en sy verloofde, Maggie (22), afgeneem het, het die foto op Facebook gelaai.
'Ons was op pad om ons eerste treë in die lewe saam te gee en ons wou dit nie doen as dit nie in die Here se wil is nie...'

Daarby het hy geskryf: “Ek het al baie troues afgeneem. Maar dis een van die beste goed wat ek al gesien het, laat staan nog afgeneem het.”

Die egpaar is albei van Asheville in die VSA en staan rug aan rug met hul oë toe en bid. Caleb het later verduidelik dat hulle so gestaan en bid het sodat hulle die tradisie sou handhaaf waar die bruid en bruidegom mekaar nie voor die seremonie mag sien nie.

Caleb het gesê dat hy die Here bedank het vir sy beeldskone, slim vrou, en Maggie sê dit het sommer al haar trousenuwees bedaar.

“Ons was op pad om ons eerste treë in die lewe saam te gee en ons wou dit nie doen as dit nie in die Here se wil is nie,” het Caleb gesê.

Bronne: Twitter, dailymail.co.uk, abc7.com