Derick het hierdie boodskap in Engels aan sy ondersteuners op sy Facebook-blad gedeel.

Derick se boodskap

Dit is met groot hartseer dat ek hierdie met julle deel. Ek het soveel vrae en navrae gehad oor hoekom ek nie meer op SuperSport of die Maandagprogram met die legendariese Kobus Wiese verskyn nie.  

Mense was so ondersteunend en het my gedryf om weer aan te gaan. Eerstens moet ek jammer sê aan diegene vir wie ek teleurgestel het. En veral die hele Suid-Afrika.

Ek is lief vir rugby en dit was my lewe. En dit sal altyd deel van my lewe bly. My grootste passie is jong kinders en om hulle holisties te vorm vir die uitdagings van sport op die hoogste vlak. Veral in landelike gebiede.

Ek glo met my hele hart ek sal weer deel vorm van iets groter en sal iets nalaat.

Met my werk by SuperSport en deur my kommentaar het dit heel natuurlik plaasgevind. Die liefde vir die werk en die handelsmerk het elke week gegroei. (Ek het) met genieë, legendes en wonderlike mense saamgewerk.

Ek glo met my hele hart ek sal weer deel vorm van iets groter en sal iets nalaat. Of dit met SuperSport of enige ander medium of media sal wees, of om ons eie inhoud met Virtual Productions te skep. Die tyd sal leer.

Binne-in my brand die vlam nog sterk genoeg sodat ek nie sal ophou om terug te ploeg nie. En om my passie vir die sport met televisie te vervang nie.

Ek sal altyd ’n billike mening huldig en sal staan by dit wat Suid-Afrika weer tot ’n mag in die rugbywêreld sal verhef.

Ek gaan julle nie langer in die donker hou nie. Ek het gedink die aangeleentheid sal na dit self omsien. Maar ongelukkig nie. Ek het kommentaar gelewer, of laat ons sê ’n paar, oor transformasie en die negatiewe invloed wat dit op ons rugbystrukture kan hê.

Ek gaan nie name noem nie. Ek gaan nie die debat in diepte voer nie. Dit het geheel niks te doene met die Springbokke nie.
’n Springbok verdien om vir sy land te speel. ’n Minister het ’n brief aan SuperSport gestuur om my geheel van televisie te verwyder.

Maar meer as enigiets anders, as jy die toppunt bereik het, sien jy niks ander as net talent raak nie.

Ek sal altyd ’n billike mening huldig en sal staan by dit wat Suid-Afrika weer tot ’n mag in die rugbywêreld sal verhef.

Dis ’n skande dat dit my my werk gekos het. My bedoelings was suiwer, met begrip vir almal se agtergrond en grootword.

Maar meer as enigiets anders, as jy die toppunt bereik het, sien jy niks ander as net talent raak nie: die beste strukture en wat dit jou gaan kos om weer ’n gevreesde teenwoordigheid te wees wanneer iemand teen die magtige Springbokke speel. Dit is dit in ’n neutedop.

So, hopelik beantwoord dit die meeste van jul vrae? Ek hoop so.

Ek hoop ek het die regte besluit geneem om dit self te skryf want ek het talle oproepe van die media oor die situasie ontvang. Maar ek was bang dit word buite verband aangehaal. En my hart om nie akkuraat weergegee te word in die hele traumatiese situsasie nie.

Net ’n bietjie drama om mee af te sluit.

Dankie vir almal se ondersteuning. Groot dinge lê nog voor.

Ons sal rugby praat wanneer ons paaie kruis. Rugby het my soveel gegee. Nou is dit volgende in die lyn. Geniet en hê pret.

Al my liefde, Derick

SuperSport reageer

Clinton van den Berg, SuperSport-woordvoerder, het aan Netwerk24 gesê dis onwaar dat ’n minister oor Derick se uitlatings gekla het. “Daar was geen so ’n klagte nie.”

Volgens Clinton is Derick nog altyd net op vryskutbasis deur SuperSport aangewend en die besluit berus by SuperSport welke vryskutte op die lug gebruik gaan word of nie.

Clinton het ook aangedui dat SuperSport nog nie ’n finale besluit oor Derick se aanwending as vryskut vir die kanaal nie.

Meer oor Derick

'n Haskeenbesering in 2012 het sy droom om rugby te speel, geknou. Maar hy het vas bly glo dat hy weer op die rugbyveld sal verskyn. Maar dit was hom nie beskore nie.

Derick moes in Junie 2015 finaal sy loopbaan as aktiewe rugbyspeler op 32-jarige ouderdom toeroep nadat breintoetse op hom gedoen is. Hy het groot las gehad van erge hoofpyne en selfs vergeetagtigheid by tye.

Hy het destyds gesê die breintoetse het gewys daar is geringe skade en dat hy probleme met sy korttermyngeheue sou hê. “Maar dit kan mettertyd 100% regkom,” het hy gesê.

Dit was vir Derick ’n stryd om sy rugbydroom te laat vaar, maar op Februarie 2016 moet hy noodgedwonge dié hartseer boodskap op Twitter deel waarin hy aan sy seuns sê hulle gaan hom nie weer sien speel nie.