”Jy het die hele wêreld met ’n slap riem gevang.”

’n Mens sou dink mense sou nie so dom wees om ’n gat in ’n nuwe (en duur) foon te boor nie, of hoe?

Toe nou nie.

via GIPHY

Met dié dat die nuwe iPhone geen oorfoonsok het nie, het die YouTube-poetsbakker TechRax besluit om ’n video te maak wat beloof om die frustrerende kenmerk (of gebrek daaraan) uit die weg te ruim.

Op die video, wat blitsvinnig versprei het met meer as 13 miljoen trefslae, boor (ja, dis reg) die YouTuber ’n gat in ’n splinternuwe iPhone.

Lees ook: Wat moet ek alles weet van die splinternuwe iPhone 7?

Agterna steek hy oorfone by die “nuwe” oorfoonsok in en speel musiek.

Dis mos duidelik nie waar nie?

“Ek is van Pole. Help, ek het dit gedoen, maar ek het my iPhone vernietig. Het ek iets verkeerd gedoen??????” het die YouTuber Roberto Massironi gevra.

“Ek het dit ingeboor, maar om die een of ander rede wil dit nie aanskakel of laai nie. Is daar sagteware of ’n app wat ek moet installeer?” wou ’n ander Youtuber weet.

via GIPHY

Ten minste het party mense humor in die situasie gevind.

“Vals!! Ek het ’n gat op my Nokia 1100 probeer boor en het my boor gebreek. :(” het ’n gebruiker laat hoor.

Lees ook: Pyn en ellende ná fietsryer se iPhone in sy broeksak ontplof

“Jy het die hele wêreld met ’n slap riem gevang. Jy is ’n genie,” het iemand anders kommentaar gelewer.

Dit is eintlik voor die hand liggend, maar moet asseblief nie ’n gat in jou nuwe iPhone 7 boor nie. Daar is geen geheime oorfoonsok nie.

via GIPHY