Danksy Google se Google Trends-funksie kan ’n mens die onderwerpe wat die meeste gesoek is, maklik vasstel. Beurtkrag het gesorg vir van die meeste soektogte op Google in April met frases soos load shedding schedule, stage 3 load shedding, eskom loadshedding en city power load shedding schedule. Ironies genoeg was een van die onderwerpe wat die meeste gesoek is, naas beurtkrag, die Earth Day Quiz wat Google geskep het op Aardedag op 22 April.

Xenofobie is ook baie gesoek.

Xenofobie is ook baie gesoek. Van die bekendste soektogte het terme soos xenophobic attacks in south africa 2015, emmanuel sithole en king goodwill zwelithini ingesluit.

Ander noemenswaardige hoeveelhede soektogte sluit in inligting oor Helen Zille wat uittree as DA-leier, die Cecil John Rhodes-beeld wat verwyder is, Brian Molefe wat oorgeneem het as uitvoerende hoof van Eskom en die skokkende dood van die Baaise onderwyseres Jayde Panayiotou en Chris Nkosi, die Gautengse sekretaris van die vakbond Satawu.

Ten spyte van al die nuuswaardige gebeure in Suid-Afrika die afgelope maand, was die meeste soektogte oor sokker. Kaizer Chiefs, die dood van sokkerspelers John “Shoes” Mosheou en Richard Henyakane en die Britse sokkerspan Manchester United was van die gewilde sokkerverwante soektogte.

Google verwerk meer as 40 000 soektogte wêreldwyd elke sekonde– dis meer as 3,5 boljoen soektogte per dag en 1,2 triljoen per jaar.

Bron: Irvine Bartlett