“Pas my laaste eksamen vir die jaar geskryf,” het sy onlangs in die sosiale media geskryf.

“Gepak en op pad na my gunstelingplek in die wêreld. Dit is nou tyd vir familie, rus en die koms van ons klein wonderwerkie. So dankbaar!”

Rolene, van Volksrust in Mpumalanga, studeer tans medies aan die Universiteit van die Vrystaat.

Sy en haar mense gaan hou jaarliks op Hartenbos vakansie, en dit is in hierdie tyd dat sy en haar man, die sakeman D’Niel Strauss, se eersteling sy opwagting gaan maak.

Huisgenoot wens haar die allermooiste toe vir haar laaste stukkie wagtyd.