Suid-Afrikaners het onlangs die Nasionale Kinderbeskermingsweek herdenk om bewustheid oor kinderregte te verhoog. Die veldtog is in 1997 van stapel gestuur en beoog om die versorging en beskerming van kinders te verseker. Mense wat dit ondersteun, dra gewoonlik ’n groen lintjie; die kleur verteenwoordig lewe en groei. Volgens die nasionale regering is dit ’n blykie van ondersteuners vir slagoffers en oorlewendes en plaas die fokus op samewerking wanneer kindermishandeling, -verwaarlosing en -uitbuiting aangepak word.

Maar waar kry jy hulp wanneer jy weet ’n kind word afgeknou? Hier is die kontaknommers van ’n paar organisasies wat kan help.

  • Die departement van sosiale ontwikkeling het 24-uur-inbelsentrum wat ondersteuning en berading aan slagoffers van geslagsverwante geweld. Die tolvrye nommer is 0800-428-428 om met ’n maatskaplike werker te praat.
  • Mense kan ook aanvra dat ’n maatskaplike werker hulle kontak deur *120*7867# gratis van enige selfoon te bel.
  • Childline Suid-Afrika: 0800-055-555.
  • Kinderwelsyn Suid-Afrika: 0861-424-453/011-425-4110 of e-pos info@childwelfaresa.org.za.

Bron: gov.za

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.