Die haarkundige Emma Titus beskryf die toestand as kanities, wat beteken dat daar ’n wanbalans in die pigment van die kopvel is. “In gedeeltes van die kopvel kan die haarwortel nie pigment in die haar se groeiselle afskei nie; dit verleen dan ’n wit kleur aan die hare.” Volgens Emma kan dit ontstaan bloot omdat die haarwortel nie reg werk nie, of kan dit deur siekte, stres, skok en ’n swak dieet veroorsaak word. “Oscar het lankal die wit kolle gehad, en al rede hoekom mense dit nou so goed oplet, is omdat die skerp ligte van die hof daarop skyn. Dit ook kan wees dat die stres van die hofsaak dit vererger.” Op hierdie foto van Oscar kan dit wit kolle ook gesien word:

- Marelize Potgieter