Dis wat die ruimte-entoesias Scott C. Waring vas glo nadat hy verlede week foto’s van die oppervlak van Mercurius bestudeer het.

Mercury 1

Scott is ’n onderwyser wat tans in Taiwan klas gee, maar ná ure probeer hy die wêreld oortuig daar is wel lewe op ander planete.

Boonop beweer hy die Amerikaanse Nasionale Lugvaart- en Ruimteadministrasie (Nasa) is deeglik bewus van hierdie lewe, maar dat dié organisasie die inligting doelbewus vir die publiek wegsteek.

Mercury 2

Scott se navorsing en bewerings word op sy webtuiste, UFO Sightings Daily Blog, gepubliseer. Die nuutste kom nadat hy lank foto’s bestudeer het wat in 2011 deur Nasa se Messenger-ruimtetuig van die planeet se oppervlak geneem is.

Mercury 3

Die gebied rondom die Basho-krater op Mercurius het hom veral geïnteresseer toe hy iets op die rand van die krater sien wat sy aandag trek: “Daar is twee strukture wat uitstaan,” berig Scott op sy webtuiste.

“Die een is ’n lang gebou en die ander ’n groot, donker toring.”

Mercury 4

Volgens Nasa is die Basho-krater sowat 75 km wyd. Gebaseer hierop het Scott bereken die “gebou” moet sowat 8 km lank wees.

“Dit is groot genoeg om duisende mense te huisves,” glo hy.

Scott is een van talle lekewetenskaplikes wêreldwyd wat glo Nasa het wel al lewe op ander planete gevind, maar hou dié inligting van die publiek af weg.

Mercury 5

“Die bewyse raak daagliks meer en meer,” meen Scott. “Binnekort sal Nasa gedwing word om die waarheid te vertel en te erken dat daar intelligente ruimtewesens bestaan.”

Bronne:dailystar.co.uk, thesun.co.uk, ufosightingsdaily.com