Om ons te kontak, klik op waar@huisgenoot.com, stuur ’n faks na 021-406-2937 of skryf aan Waar in die wêreld, Posbus 1802, Kaapstad 8000.

?LET WEL: Huisgenoot en Media24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige eis wat kan voortspruit uit die publikasie van hierdie inligting nie.

WAARSKUWING: MOENIE KONTANT GEE OF ENIGE BETALING MAAK aan iemand wat jou kontak en aanbied om jou die mense te help vind wat jy soek nie, veral as die mens sê hy/sy is ’n polisiebeampte.

Ons kan nie waarborg dat jou versoek gepubliseer sal word nie. Indien dit gekies word vir publikasie, kan dit vanweë die oorweldigende reaksie op dié diens ’n ruk duur voor jy jou boodskap op die webtuiste sien.

In navrae oor aanneemgevalle kan ons net die besonderhede van die soeker plaas, nie dié van die een wat gesoek word nie. Onthou om jou naam in jou e-pos, faks of brief by te voeg, asook jou e-posadres, kontaknommer (met die gebiedskode) of posadres (met die poskode).

  • Ek soek my skoonseun se biologiese ouers en my twee kleinkinders se ander biologiese ouma en oupa. My skoonseun is op 17 April 1977 vroeg gebore (26 weke) in die Ontdekkershospitaal in Roodepoort as Thomas Erasmus. Volgens destydse inligting was sy biologiese ma ’n student en sy biologiese pa in die polisiediens. Hulle het in die Brixton-area gewoon en is blykbaar later getroud. Bel Alta by 0064-4-904-3000 of e-pos jgloy@paradise.net.nz.

  • Ek soek my halfsuster Marie/Marietjie Croukamp wat in Junie 1952 in Westonaria/Randfontein gebore is. Haar ma, Marie Steyn, is vermoedelik oorlede. Bel Alta Kleynhans by 072-500-6855 of skryf na Posbus 1706, Phalaborwa 1390.

  • Ek soek my vervreemde man, Robert Marchand Barnard. Ons is op 1 April 1985 getroud. Bel Elizabeth Barnard by 071-051-5729 of e-pos rhinomalt@gmail.com.

  • Connie soek haar suster Miki (gebore Sarah Boyce). E-pos corneliapake@gmail.com.

  • Elizabeth Olivier soek Maureen Booth, wat tussen 1945 en 1955 in Pietermaritzburg gewerk het. Haar ouers het in Durban gebly. Bel 084-456-9621.

  • Ek soek Elizabeth van der Merwe wat in 1942 gebore is. Sy het in 1964 in die Queen Victoria-hospitaal in Johannesburg as ’n verpleegster gewerk. E-pos Heinrich na HeinRich@bellemodel.biz.

  • Ek soek James Savage (Jimmy) Mckain wat in 1941 gebore is. Hy was in 2007 ’n ingenieur en woon nou in Durban. E-pos Heinrich na HeinRich@bellemodel.biz.

Reünies

  • Die 1993-matrieks van die Hoërskool Ben Vorster beplan ’n reünie vir 14 September op Tzaneen. Bel Therese (Rossouw) Bruwer by 083-628-9234 of e-pos thereseb@westfalia.co.za.

  • Die 1983-matriekklas van die Hoërskool DF Malan in Bellville hou op 28 September ’n 30-jaar-reünie. Daar is nog heelparty oudleerlinge na wie ons soek, onder andere: Lynette Loubser, Louise du Plooy (hoofmeisie), Liana Hugo, Renee Bosch (Witbank), Janine Barnardo, Marlize Botha, Marinda Theron, Theresa Kotze, Michelle du Plessis, Martha Louw, Mariette Geldenhuys, Louise de Kock, Lin van Zyl, Jolene Kellerman, Suzette Rossouw, Hilda Smit (nooiensvanne) en nog vele meer. Bel Rena (Kitshoff) van Wyk by 082-459-2763. Die tyd raak nou min.