Om ons te kontak, klik op waar@huisgenoot.com, stuur ’n faks na 021-406-2937 of skryf aan Waar in die wêreld, Posbus 1802, Kaapstad 8000. ?LET WEL: Huisgenoot en Media24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige eis wat kan voortspruit uit die publikasie van hierdie inligting nie.

WAARSKUWING: MOENIE KONTANT GEE OF ENIGE BETALING MAAK aan iemand wat jou kontak en aanbied om jou die mense te help vind wat jy soek nie, veral as die mens sê hy/sy is ’n polisiebeampte.

Ons kan nie waarborg dat jou versoek gepubliseer sal word nie. Indien dit gekies word vir publikasie, kan dit vanweë die oorweldigende reaksie op dié diens ’n ruk duur voor jy jou boodskap op die webtuiste sien.

In navrae oor aanneemgevalle kan ons net die besonderhede van die soeker plaas, nie dié van die een wat gesoek word nie. Onthou om jou naam in jou e-pos, faks of brief by te voeg, asook jou e-posadres, kontaknommer (met die gebiedskode) of posadres (met die poskode).

Ek soek familie van Petrus Hermanus Antonius Simons wat op 6 April 1895 gebore is en op 24 April 1970 oorlede is (75). Hy was getroud met mev. Wouterlood van Doesburg en hulle seun, Frans Pierre, is in 1931 in Roosendaal gebore. My laaste kontak met Frans Pierre was in 1982. Hy was getroud met M. A. Sonneveld en hulle seuns was Frans en Derrik. E-pos Albert Hoekstra na a.hoekstra@roosendaal.nl

Sarie Brits soek dringend haar kinders se pa, William Alfred Brits (53), wat laas in Boksburg, Witfield of Germiston gewoon het. E-pos sariembrits@gmail.com

Ek soek Pamela Emslie (nie seker of haar van verander het nie) wat in my pleegsorg was tussen 1995/’96. Sy behoort nou 20 te wees. Bel Christelle by 082-301-5593.

Ek soek my gr. 1-maatjie Elsa de Clercq wat in 1967 saam met my in die Laerskool Louw Geldenhuys was. Bel Christine by +264-6730-4971.

Ek soek my skoolvriendin Carike (Pretorius) wat saam met my in 1996 in st. 8 in die Hoërskool Suiderlig in Vanderbijlpark was. Sy het op die plotte Zuurfontein gebly en haar kind is nou 15. Ek soek al vir jare na haar. E-pos Magda na altratrust@cellc.blackberry.com

Ek soek Anna (Annetjie) Susanna Dolley (Viljoen) en James Benjamin Dolley wat in Noorwes gewoon het. Anna is op 4 Maart 1964 gebore en sy is op 18 Maart 1988 getroud met James. Bel Yvonne van Wyk by 083-672-0089 of e-pos jvonne914@gmail.com

Ek soek die 1954-matrieks van Louis Trichardt, onder wie: Peet Langley, Stefaans du Preez, Hansie Human, Willie Human, John Eloff, Fanie Venter, Jannie Venter, Kosie du Plessis en Joan Otto. E-pos ds. Willie Venter na wilsan@lantic.net of skryf na Walkerstraat 93, Rensburg, Heidelberg, 1441.

Elza Bakker soek haar ma, Gertruida Johanna (Gertie) Burger (gebore Nell), se biologiese familie. Volgens haar (Gertie se) geboortesertifikaat is haar ma en pa op Jansenville in die Oos-Kaap getroud. Haar ma is dood met haar geboorte op 15 Oktober 1933 te  Kerkplein 1, Graaff-Reinet. Haar pa was destyds ’n padvoorman by die afdelingsraad op Graaff-Reinet. Daar was blykbaar reeds ’n paar (volgens my ma ongeveer vier) kinders en geld was min. Die vroedvrou wat die bevalling behartig het, Elsabé Johanna Theron, het die baba huis toe geneem om tydelik te versorg. Toe klein Gertie drie maande oud was, het die vroedvrou haar aangeneem. Ek dra my ouma Elza se naam wat nog in daardie stadium ’n ongetroude vrou was en het eers later getrou met my oupa Anton Christoffel Lombard van Middelburg, Oos-Kaap. My ma se van het toe Lombard geword. Daar was nooit kontak tussen my ma en haar biologiese familie nie. Ma ma het op Graaff-Reinet studeer en ’n kindertuin-onderwyseres geword. Later is sy met ’n jong boer van Porterville, Jacobus Gideon Johannes (Kotie) Burger (my pa), getroud en hulle het baie jare op die plaas Rietvlei-Noord by Porterville geboer. My ma is verlede jaar in Mei oorlede. My ma het kort voor haar dood gesê dat daar eenmaal toe my pa nog geboer het, ’n man gebel het wat beweer het hy is haar broer Samuel. Hulle het gesels, maar nooit dié gesprek opgevolg nie. Ek wil baie graag weet wat van my ma se biologiese broers en/of susters geword het. Die kans dat daar nog van hulle leef, is seker skraal, hoewel nie onmoontlik nie. Van hulle kon egter kinders gehad het. Ek is nou 53; so as ek niggies en neefs het, sal hulle waarskynlik in die omgewing van 60 wees. Bel Elza Bakker by 022-713-2101 (huis) of 073-203-6342 of e-pos elzabakker@telkomsa.net.

Reünies

Die 1982-matriekklas van die Hoërskool Vredenburg beplan ’n reünie in September of Oktober. Bel Nicolette Simonis (Nagel) by 028-212-2718 of 072-725-74 70 of e-pos leeuwenhofbnb@telkomsa.net