Om ons te kontak, klik op waar@huisgenoot.com, stuur ’n faks na 021-406-2937 of skryf aan Waar in die wêreld, Posbus 1802, Kaapstad 8000.

?LET WEL: Huisgenoot en Media24 aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige eis wat kan voortspruit uit die publikasie van hierdie inligting nie.

WAARSKUWING: MOENIE KONTANT GEE OF ENIGE BETALING MAAK aan iemand wat jou kontak en aanbied om jou die mense te help vind wat jy soek nie, veral as die mens sê hy/sy is ’n polisiebeampte.

Ons kan nie waarborg dat jou versoek gepubliseer sal word nie. Indien dit gekies word vir publikasie, kan dit vanweë die oorweldigende reaksie op dié diens ’n ruk duur voor jy jou boodskap op die webtuiste sien.

In navrae oor aanneemgevalle kan ons net die besonderhede van die soeker plaas, nie dié van die een wat gesoek word nie. Onthou om jou naam in jou e-pos, faks of brief by te voeg, asook jou e-posadres, kontaknommer (met die gebiedskode) of posadres (met die poskode).

Ek soek die gesin Buys wat in die 60’s tot 70’s in die Rutland-woonstelle in Newlands, Johannesburg, gewoon het. Bel Tania by 084-359-9525 of e-pos Tania.Burger2@transnet.net.

Mara Meyer soek haar biologiese ouers. Sy is op 7 Oktober 1955 gebore. E-pos telanabosman@gmail.com.

Sheryl Felicity Kotze soek haar pa wat sy nooit geken het nie. Sy het by haar ma grootgeword maar sy was al die jare te skaam om my die waarheid te vertel. My ma, stiefpa en broer is in 2002 in hul huis vermoor en ek het nooit die waarheid van my pa uitgevind nie. Ek is op 20 Desember 1959 gebore en is gedoop as Almendro, maar het later my stiefpa se van (Magro) aangeneem. My ma was ’n nooi Angeline (Angie) Almendro wat op 18 November 1939 gebore is. Haar ouers was Stanley en Elizabeth Almendro en hulle het in Kimberley gebly. My ma het ’n verhouding met Aubrey Burns gehad tussen 1957 en 1959 in Kimberley. My pa het blykbaar ’n oog verloor in ’n mynongeluk. Daar kan dalk rekords van hom wees in die hof en koerante van daai jare, want hy was na verneem word in die moeilikheid met die gereg. My pa het ook my ma se broers geken. Hulle is Hugh Almendro, Joey Almendro, Stanley Almendro en Alan Almendro. Bel 072-791-5159 of e-pos kotzejohann199@gmail.com.

Ek soek die biologiese ma van ’n seun wat gebore is op 20 Junie 1972 in Mowbray, Kaapstad, as Neville Lesley Steyn. Bel Susann Walters by 082-487-5952.

Ek soek my pa, Danie Kock, wat in 1963 getroud was met Cielie Booyens van die plaas Klipplaatdrift in Ventersdorp. Hy het op Sannieshof gewoon en later na Delareyville verhuis waar my oom Piet Booyens laas met hom kontak gehad het. Sy ouers was Dorris en Nick Kock, broers Gideon en Nico en susters Sanna en Lizbeth. Bel Marietjie Botha (née Booyens) by 072-614-4511.

Ek soek vir Henk Steyn, seun van Marnus en Annette (née van Rensburg) Steyn. Hy is blykbaar die derde van vier seuns wat in 1960 tot 1970 gebore is. Dit is in verband met ’n skildery wat kleintyd van hom geskilder is. E-pos Marinda Hattingh na onsses@gmail.com.

Reünies

Die 1978-matriekklas van die Hoër Huishoudskool President Steyn op Bethlehem beplan ’n reünie vir die naweek van 8 tot 10 November in Meiringskloof. Bel Margaret Smith (Swart) by 011-425-6530 of 082-600-5733 of Annelie Schoeman (Naude) by 058-303-7878 of 078-377- 2058.