Dit beteken met dié lys kan jy maklik in een van dié stede kan jy jou potensiële droomman gaan soek. Trouens, as jy in New York is, is die kans amper een uit 25 dat jy ’n miljoenêr gaan teëkom!

Feit: een uit elke 25 New Yorkers is ’n miljoenêr.

En dit raak beter.

Switserland se grootste en tweede grootste stede, onderskeidelik Zürich en Genève, het die tweede en derde hoogste konsentrasie miljoenêrs ter wêreld.

Die stad met die hoogste digtheid miljoenêrs is Monaco, die rykes en bekendes se tuiste. Volgens die studie wat deur WealthInsight gepubliseer is, is 29,1 persent van die piepklein land se inwoners miljoenêrs.

Feit: Monaco beslaan altesaam net 2,02 km2.

In dié studie word ’n miljoenêr gedefinieer as ’n individu met netto bates van $1 miljoen of meer, uitsluitend hul hoofwoning.

Die hele lys:

  1. Monaco (29,21 persent)
  2. Zürich (27,34 persent)
  3. Genève (17,92 persent)
  4. New York (4,63 persent)
  5. Frankfurt (3,88 persent)
  6. Londen (3,39 persent)
  7. Oslo (2,9 persent)
  8. Singapoer (2,8 persent)
  9. Amsterdam (2,63 persent)
  10. Florence (2,59 persent)
  11. Hong Kong (2,58 persent)
  12. Rome (2,54 persent)
  13. Dublin (2,40 persent)
  14. Doha (2,31 persent)
  15. Toronto (2,29 persent)
  16. Venice (2,25 persent)
  17. Brussels (2,11 persent)
  18. Houston (2,09 persent)
  19. San Francisco (2,07 persent)
  20. Parys (2,04 persent)

- Megan Bursey

Bronne: wealthinsight.com, latimes.com, elitedaily.com