En volgens 49 persent van die webtuiste Roadhogs.co.za se gebruikers vaar Johannesburg die slegste.

Op dié webtuiste kan motoriste gratis swak bestuurders aanmeld deur hul registrasienommer daarop te plaas.

Pretoria het 15 persent van die klagtes gekry en Kaapstad 13 persent, terwyl slegs 3 persnet van die gebruikers dink Durban is die slegste stad om in te bestuur.

Verder is Volkswagen-bestuurders verantwoordelik vir die meeste van die oortredings wat op Roadhogs aangemeld is, naamlik 18 persent.

Kort op die Volkswagen-hakke was Toyota- (15 persent) en BMW-bestuurders (14 persent).

Interessant genoeg handel net 5 persent van die klagtes op die webtuiste oor taxi’s.

- Besoek www.roadhogs.co.za as jy swak bestuurders wil verkla.