'n Waaghalsige Russiese tiener laat kykers se adrenalien behoorlik pomp in 'n nuwe video waarin hy doodluiters bo-op 'n trein 'surf'.

In die angswekkende video kan gesien word hoe Pasha Bumchik, 'n 18-jarige Vlogger, daarin slaag om bo-op 'n snel-bewegende trein te ry terwyl dit tussen stasies beweeg. Hy hardloop ook die lengte van etlike treinwaens en spring van een na die ander. Dit is alles op sy GoPro-kamera vasgelê.

Pasha slaag selfs daarin om die reaksie van sy mede-passasiers (wat veilig binne-in die trein sit) vas te vang. Hulle lyk maar min gepla deur sy toertjies.

Kyk hier na die video: