’n Australiese man, ene Brett, het dit te ver gevoer toe hy dit waag om op ’n tierhaai te spring.

’n Video wys hoe die man se vriende hom aanpor om op die haai te spring.

Dit is duidelik hulle is min gepla met die feit dat tierhaaie die tweede gevaarlikste haai ter wêreld is. Hulle staan ook bekend as die “asblikke van die see” omdat hulle ’n gulsige eetlus het en enigiets eet wat voorkom.

Gelukkig was Brett ongedeerd, maar dit kon heel anders uitgedraai het.

Kyk hier na die vreesaanjaende video:

- Janine Nel