Verkeer is Dinsdagoggend tot stilstand gedwing nadat ’n bus by die Westlake-straat- en Hoofrifwegkruising, Florida, teen ’n taxi gebots het. Na wat Riaan van Zyl van Roodepoort Record berig, was die slag so hard dat die bus op sy sy oor die middelmannetjie te lande gekom het.

Twee van die vyftien beseerdes – albei vroue – is in ’n kritieke toestand. Een van hulle is per privaat mediese helikopter na ’n hospitaal in Pretoria geneem.
Verkeer in albei rigtings op die roete was geruime tyd ontwrig.

Bron: roodepoortrecord.co.za