Die seuns van Rusland is gevang nadat hulle by die vertoonlokaal vir omstanders gesê het hulle wil ’n motor koop.

Volgens die Siberian Times is die seuns na ’n polisiekantoor geneem. Hulle het erken hulle het hul ontsnapping dae lank beplan en met speelgoedgrawe ’n gat onderdeur die draad gegrawe.

Hulle het gewag tot die skool se personeel se aandag afgelei is voor hulle hul plan uitgevoer het.

“Dit is ’n baie ernstige oortreding. Die hoof van die groep wat toegelaat het dat dit gebeur, is afgedank,” het Olga Denisenko, die waarnemende hoof van voorskoolse onderrig gesê.

“Die waarnemende hoof van die kindertuin het administratiewe kennis gegee”.

Bronne: siberiantimes.com, metro.co.uk