Politici, bekendes en die voormalige president Nelson Mandela se kleinseun, Nkosi Mandla Mandela, was onder die gaste wat Maandag van oor die hele Suid-Afrika heen by pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla saamgekom het om te kyk hoe hy vir die vyfde keer voor die kansel staan.

Zuma het met Thobeka Madiba getrou in 'n kleurvolle tradisionele seremonie wat talle gaste en lede van die media gelok het.

Gaste is getrakteer op tradisionele Zoeloe- en Xhosa-danse, en die president en sy vrou het ook 'n paar passies uitgevoer.

Bron: www.nuus24.com

Op die internet

www.thepresidency.gov.za

www.info.gov.za/leaders/president/index.htm

www.friendsofjz.co.za