1. Kies die regte gereedskap: Gebruik jou haarkapper ’n skeermasjien of skêr? Hou dit in gedagte dat ’n skeermasjien jou seuntjie dalk sal bang maak. Dink daaroor – ’n raserige masjien wat jy nie aan gewoond is nie, beweeg om jou op. Dit maak hom bang, en dalk is hy bang dit kan hom seermaak. Vra jou haarkapper om eerder ’n skêr te gebruik.
  2. Voorbeeldige gedrag: Vra vir pa of ’n ander manlike familielid in sy lewe om hom te kry om sy hare te sny. Hulle kan die dag in ’n uitstappie omskep; sodra hulle by die haarkapper kom, laat sy oupa, oom of pa eers sy hare sny terwyl jou seun kyk. As jou kleuter op hul skoot sit, sal dit hulle deel van die ervaring maak en hul senuwees laat bedaar. Wanneer dit sy beurt is, sal hy onthou oupa, oom of pa het pas sy hare laat sny en niks slegs gaan gebeur nie. Jy kan natuurlik ook dieselfde met jou dogtertjie doen. Om op dieselfde dag jul hare te laat sny, is dalk onprakties omdat vroue se hare in die algemeen langer neem om te stileer, maar julle kan ook ’n dag daarvan maak. Laat haar op jou skoot sit terwyl haar hare gedoen word, en gesels met haar oor dit waarin sy belangstel, of blaai deur ’n paar tydskrifte. Jy kan haar agterna ook met iets lekkers bederf sodat sy ’n haarkapperafspraak assosieer met spesiale tyd saam met ma.
  3. ’n Bietjie afleiding verrig wondere: Soms is ’n nuwe speelding al wat nodig is (en dit hoef nie groot en duur te wees nie). Gee dit aan jou kleuter net voor die haarkapper begin; hopelik maak dit hulle so nuuskierig dat die haarkapper sonder moeite kan klaarmaak.
  4. Tydberekening is alles: Probeer die uitstappie pret maak. Dalk kan jou kind elke keer dieselfde skoene aantrek en dit hul spesiale haarkapperskoene noem. Of julle kan saam vorendag kom met ’n lawwe haarkapperliedjie. Ongelukkig gaan dit nie help nie as jy jou kind haarkapper toe neem wanneer hulle moeg, honger of ongelukkig is. Beplan sodat jy hulle op die regte tyd neem.
  5. Wees die haarkapper: Dit kan help as hulle in ’n bekende plek is; vat dus die kinderswembad buitentoe en sny self hul hare.

As nie een van die bogenoemde werk nie, laat hul hare net ’n rukkie langer groei. Ná ’n ruk kan hulle jou dalk self vra om dit te sny. Maar as hulle dit nie doen nie, moet jy die groter prentjie probeer sien – dis net hare, en dis nie nodig om mekaar ongelukkig daaroor te maak nie.

- Londiwe Dlomo

Bronne: mamapedia.com, circelofmoms.com, whattoexpect.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.