Die meisies, wat wissel van 14 tot 19-jaar oud, is Vrydagmiddag in Springs gevind. Die ‘den’ is vermom om te lyk soos ’n barbierswinkel.

Volgens Majoor-generaal Girly Mbele, polisiewoordvoerder, was daar ook dwelms en pornografie in sy huis gevind. Die man word dus aangekla van mensehandel asook besit van dwelms en pornografie.

Vier van die meisies is afkomstig van Balfour in Mpumalanga en een vanaf die KwaThema-lokasie. Hulle is na die Parkland Hospitaal geneem vir ’n mediese ondersoek en daarna na ’n veilige bestemming.

Die man sal na verwagting eersdaags in die hof verskyn.