Luidens berigte het die ongeluk tydens ’n proeflopie vir ’n moontlike pendeldiens gebeur. Volgens mediaberigte word ’n lugbrug, oftewel lug-pendeldiens, tussen Zhoushan-eiland en Jinshan beoog.
Die vliegtuig het Brug nr. 7835 op die Sjanghai-Hangzhou-snelweg getref sowat 10 minute nadat dit van die Jinshan-strand opgestyg het. Daar was twee bemanningslede en agt passasiers aan boord. Dit het intussen aan die lig gekom dat vyf gesterf het en vyf in die hospitaal opgeneem is.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

Hier is ’n soortgelyke vliegtuig in aksie.

Bronne: aviation-safety.net, en.people.cn