Hoe affekteer ’n oormaat sout jou kind?

’n Oormaat sout kan kinders dehidreer, veral as hulle nie genoeg water drink. As hulle tyd in die son deurbring, kan hulle krampe, hoofpyn, naarheid en duiseligheid ervaar. ’n Hoë soutinname kan ook die spysverteringstelsel affekteer en naarheid, braking, maagkrampe of diarree veroorsaak. Jong tieners kan ook hipertensie ontwikkel.

Hoeveel is te veel?

Babas wat geborsvoed word, kry deur die melk genoeg sout in. Maar dit is belangrik om ’n paar dinge in gedagte te hou vir wanneer die kind soliede kos begin eet.

Die maksimum aanbevole hoeveelheid sout vit babas en kinders is:

  • tot 1 jaar: minder as 1 g sout per dag (minder as 0,4 g natrium)
  • 1 tot 3 jaar: 2 g sout per dag (0,8 g natrium)
  • 4 tot 6 jaar: 3 g sout per dag (1,2 g natrium)
  • 7 tot 10 jaar: 5 g sout per dag  (2 g natrium)
  • 11 en ouer: 6 g sout per dag (2,4 g natrium)

Kos met meer as 0,6 g natrium per 100 g is hoog in sout. Jy kan die hoeveelheid sout in kos bereken deur die hoeveelheid natrium met 2,5 te vermenigvuldig. Dus sal 1 g natrium per 100 g beteken daar is 2,5 g sout per 100 g.

Wenke om jou kind se soutinname te verlaag:

  • Gee vir hulle gesonde happies met ’n lae soutinhoud: Kies vars en droë vrugte en groentestokkies bo aartappelskyfies en ander sout happies.
  • Kies gesonder toebroodjievulsels: Hoender en tuna sonder ekstra sout is gesonder as ham en kaas.
  • Moenie baie sout by jou kind se kos voeg nie.
  • Raai die kind af om sout by sy kos te voeg.
  • Kyk na die etikette op kos om die natriumvlakke vas te stel: Moet liefs nie die kos koop as die natriumvlakke nie gemeld word nie.

- Shandukani Mulaudzi

Bronne: www.actiononsalt.org.uk, plymouth.gov.uk, www.nhs.uk, livinghealthy360.com, livestrong.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.