Taylor Swift

Dié 24 -jarige countryster het omtrent ’n loopbaan gebou op liedjies skryf oor haar ekse, onder wie One Direction se Harry Styles (20), Joe Jonas (24) en John Mayer ( 36 ).

Haar treffer We Are Never Ever Getting Back gaan glo oor die akteur Jake Gyllenhaal (33), nog ’n eks.

http://www.youtube.com/watch?v=WA4iX5D9Z64&feature=player_embedded

John Mayer

Die 36 -jarige sanger het die liedjie Paper Doll oor Taylor Swift geskryf. Daarin sing hy “Jy is 22 meisies in een”. Eina!

Hy het haar in ’n sekere sin ’n liedjie geskuld, want sy het Dear John oor hom geskryf.

http://www.youtube.com/watch?v=SKWWOOpBeZw&feature=player_embedded

Joe Jonas

Taylor Swift het die liedjie Much Better, wat Joe vir die Jonas Brothers geskryf het, geïnspireer. Hy sing oor ’n meisie wat trane op haar kitaar het. Klink vir ons na Taylor uitgeknip.

http://www.youtube.com/watch?v=ZjN58_86PoU&feature=player_embedded

Miley Cyrus

Miley (21) het op ’n keer gesê dat sy begin huil het terwyl hulle die musiekvideo vir Wrecking Ball verfilm het omdat sy gedink het aan aan haar hond Layla. En ons moet dit glo?

Dis duidelik die liedjie gaan oor haar en haar eksverloofde, die 24-jarige akteur Liam Hemsworth.

http://www.youtube.com/watch?v=-YICuUtkjlg

Pink

Pink (34) is wonderlik verby. Die sangeres het ’n trefferliedjie geskryf oor haar en haar eksman, Carey Hart (39). Dit is duidelik dat die liedjie gewerk het, want hulle is nou weer saam.

http://www.youtube.com/watch?v=FJfFZqTlWrQ&feature=player_embedded

BRON: CRUSHABLE.COM