Vyf kinders is dood gevind in ’n ongebruikte vrieskas by hul ouma se huis op Kakamas, het die polisie in die Noord-Kaap Woensdag gesê.

Lees ook: Kleuters sterf van uiterste hitte in verlate motor

Die vyf is tussen drie en sewe jaar oud en was verwant aan mekaar, het maj. Dimakatso Mooi gesê.

Lees ook: ‘Ek wens dit het nooit met my gebeur nie,’ sê baksteenslagoffertjie

Hul ouma het Dinsdag om 18:00 op hulle afgekom.

Hulle het versmoor nadat die vrieskas vanself gesluit het terwyl hulle daarbinne gespeel het.

Bron: News24