1.      Gesonde hasies

paasbederfies_gesonde hasies

Probeer ’n gesonder alternatief. Die kinders kan hul gunstelingvrugte uitkies en sommer self dié oulike Paashaas aanmekaarsit.

Foto oorgespeld van Novelyn B op Pinterest

2.      Amandelkuikens

paasbederfies_Amandelkuikens

Dié amandelkuikens is vreeslik oulik, en sommer maklik om te maak. Koop die amandels wat reeds met ’n blou suikerlagie bedek is en gebruik versiersuiker om die gesiggies te teken. As jy nie amandels kan opspoor nie, gebruik enige klein blou lekkers (soos Smarties).

Foto oorgespeld van Yuko K op Pinterest

3.      Aarbei-eiers

paasbederfies_aarbei-eiers

Smelt witsjokolade en voeg voedselkleursel daarby. Doop die aarbeie daarin en wag tot dit heeltemal afkoel. Laat die kinders die “eiertjies” versier!

Foto oorgespeld van Janey West op Pinterest

4.      Wonderlike wortels

paasbederfies_Wonderlike wortels

Bak jou gunstelingkoekies en sny hulle uit in wortelvorms. Kinders kan dan dié koekies met oranje en groen versiersuiker versier. Of gebruik sommer malvalekkers en doop dit in witsjokolade wat jy met voedselkleursel verkleur. Die “grond” in dié sakkies is Oreo’s wat fyngedruk is.

Foto’s oorgespeld van Bonnie Jones op Pinterest

5.      Nessies

paasbederfies_Nessies

Jy hoef nie eers die oond aan te skakel vir dié lekkergoed nie. Gebruik eenvoudig sjokoladevingers of pretzels om die nessie te vorm. Hou die “raam” regop terwyl jou kinders die nessie met klein sjokolade-eiertjies volmaak. Rond dit af met ’n kleurvolle lint.

Foto’s oorgespeld van Mary Wilding, Something Spunky en Diana Krell op Pinterest.

-Shané Barnard