Die kanse is goed dat jou tienerdogter ure daaraan sal spandeer om haar uitrusting vir die spesiale dag te beplan. Almal voel hul moet die sente omdraai hierdie tyd van die jaar en daarom deel ons vyf pragtige rok-idees om haar mee te beïndruk.

Klassieke swart

Dié swart rokkie (R495, G Couture, Huisgenoot-modewinkel in Spree) is ’n klassieke nommertjie wat sy weer en weer sal kan dra. Die kantdetail op die rug gee dit ’n sagte, romantiese gevoel. Voeg net ’n metaalagtige bykomstigheid daarby vir ’n glansryke voorkoms – ’n goue of silwer belt is perfek!

R495 G Couture

Pragtig in pienk

Dié oulike rokkie (R99,99, Mr Price) is perfek vir Valentynsdag. Dit kan opgedollie word met ’n paar bykomstighede soos bonkige oorringe of ’n halssnoer wat die koppe laat draai.

R99,99Mrprice

Blomme-prag

Dié ligpienk rokkie met sy subtiele blomdetail (R139,99, Mr Price) is te mooi vir woorde. Dra dit saam met ’n paar kleurvolle hakke en jy’s reg om die aand om te dans.

R139,99Mrprice

Skaatsmeisie – met ’n kinkel

Dié swart skaatsrokkie (R425, G Couture, Huisgenoot-modewinkel in Spree) is volmaaktheid sonder te veel tierlantyntjies. Sy kan dit saam met mooi haksoene en haar gunsteling-palmtassie dra.

G Couture R425

Treffende kleur

’n Stapel mooi armbande sal dié blou skaatsrokkie (R99,99, Mr Price) mooi afrond. Die unieke kleur sal haar laat uitstaan.

Mrprice R99,99

- Jeani Tutt: mode-assistent by Huisgenoot