Voel dit soos gister toe jy huis toe is met daardie splinternuwe bondeltjie mens, en nou is dit sowaar al tyd vir die eerste, kosbare verjaardagpartytjie? Ons het ’n paar lipleklekker resepte vir verjaardagkoeke.

Die Koekie-monster

09fefd47fba5ceb2aa78f361e2a57ff9

Vervang die ou, tradisionele babakoek met oulike, versierde koekies. Dié tema is geskik vir seuns of meisies, want jy kan die koekies in ’n klomp verskillende kleure versier. ’n Mens kan selfs ’n versieringstafel skep waarop gaste hul eie koekies kan versier nes hulle wil. Daar sal beslis ’n paar kreatiewe skeppings uitkom!

Minnie Muis vir jou dogtertjie

minnie muis1flickr

Maak jou dogtertjie se eerste verjaardag spesiaal met ’n warm pienk en polkadot Minnie Muiskoek en bypassende kolwyntjies.

Superhelde vir jou seun

superheroesflicker

Gee die superheld binne-in jou seuntjie vrye teuels; bak vir hom ’n koek met ’n klomp superhelde as tema.

Koek vir twee

circus flickr

As jy ’n tweeling het en ’n bietjie onseker is oor hoe jy moet maak vir hul eerste verjaardag, bied ’n sirkus- of karnivaalkoek beslis ’n oplossing. Dié koektema is nommerpas vir seuns of meisies. Albei se naam kan op die koek aangebring word, en jy kan dit selfs in verskillende kleure versier.

Pret met kolwyntjies

FOTOMarilyn Rowland

Kolwyntjies is altyd ’n treffer op ’n kinderpartytjie. Dit kan kleurryk versier word en daar is altyd oorgenoeg vir almal!

-Janine Nel