Wil jy pa bederf met iets spesiaal? Kyk na dié koel idees en gebruik die skakel onderaan om aanlyn te koop.

Lucky Friday-T-hemp – R249 

Green t-shirt

Die plaaslike handelsmerk Lucky Friday het hemde met ’n plaaslike geur. Dit is van 100% katoen gemaak en het motiewe op wat plaaslik gewild is maar ook internasionaal herkenbaar is. Dié hemp sal goed lyk met ’n paar van pa se gunstelingjeans vir ’n loslit-voorkoms.

Kopmasseerder – R55

Head massager

Big Blue is ’n aweregse en trots Suid-Afrikaanse handelsmerk. Masseer jou kop met die sagte metaalpunte en laat jou hele liggaam ontspan. Dis ’n wonderlike geskenk vir ’n hardwerkende pa.

RoBottle-kurktrekke – R195 

Robot bottle opener

Ontmoet RoBottle, die sommelier van die toekoms. Dit bevat ’n ekstralang kurktrekker en ’n versteekte lem om daardie irriterende stukkie foelie te verwyder. As dit nou net kan leer skottelgoed was! RoBottle word gemaak van duursame plastiek, is skottelgoedwasserveilig en kom in ’n deursigtige, herseëlbare, herwinbare houer. Dit is ’n funksionele geskenk vir enige pa.

Snor-muurhorlosie – R150 

Moustache wall clock

Pa hoef nie vir Movember te wag om met ’n snor te spog nie. Dié muurhorlosie gaan dit heeljaar doen. Ons hou van sy eenvoudige, retro-voorkoms.

Geruite strikdas – R169 

Bow tie

Dié handgemaakte gebreide strikdas van die beste materiaal het ’n klassieke patroon in ’n moderne nuwe silhoeët. Pa kan dit dra saam met ’n klassieke pak vir ’n parmante voorkoms.

Nog wonderlike geskenke:

Besoek Spree vir dié geskenke of nog koel idees.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.