Jip, hulle is ook maar net mens en doen ook normale goed, nes ons.

Beyoncé kyk video’s oor feminisme op YouTube. Die Drunk in Love-sangeres sê sy hou daarvan om te ontspan deur na video’s oor feminisme op YouTube te kyk.

Demi Lovato sing graag in die stort. Die aktrise en sangeres sê sy sing gedurig in die stort.

Shailene Woodley is mal oor Disney-flieks. Sy kyk Pocahontas wanneer sy wil beter voel. Goed om te weet die sterre verkies ook soms net ’n bak springmielies en ou Disney-flieks, nes ons.

Hertogin Catherine is verslaaf aan werklikheidsreekse. Wie sou kon raai ’n hertogin volg ook werklikheidstelevisie? Die hertog en hertogin van Cambridge kyk glo Apprentice UK en Kate is blykbaar ook mal oor Keeping up with the Kardashians.

Jennifer Lawrence is ’n huishen. Sy het dalk ’n Oscar agter haar naam, maar sy is doodnormaal. Die aktrise het aan die tydskrif Marie Claire vertel hoe lekker dit is om tuis te bly. “Ek hou nie baie van uitgaan nie. Ek is amper soos ’n ou tannie. Ná elfuur saans dink ek: ‘Raak die kinders nooit moeg nie?’ Wanneer ek uitgaan, dink ek aan my rusbank. ‘Dit sou lekker wees om nou daarop te sit. Ek wed daar is nou ’n episode van Dance Moms wat uitgesaai word.’”

- Janine Nel