Vier verpleegsters het Dinsdag gesterf nadat die voertuig waarin hulle gereis het, in ’n trompopbotsing met ’n vragmotor betrokke was tussen Alice en King William’s Town. Die groep, verbonde aan die Lilitha-verpleegkollege in Lusikisiki, was op pad na hul gradeplegtigheid by die Universiteit van Fort Hare op Alice toe die Avanza waarin hul gereis het, op die R63 met ’n vragmotor bots.

Die bestuurder van die Avanza het kort ná sy aankoms by die hospitaal beswyk. Die vragmotorbestuurder se toestand word as kritiek bestempel.

Ses mense is in die ongeluk beseer.

Bron: algoafm.co.za