Die ongeluk het kort voor 15:00 Donderdagmiddag naby die Muldersvlei-treinstasie plaasgevind.

Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, sê paramedici het met hul aankoms die voertuig enkele meter van die trein op die treinspoor gevind.

Foto verskaf: ER24

Twee vroue, vermoedelik 25 en 40 jaar oud, het ernstige beserings opgedoen. Die 25-jarige vrou is op die toneel behandel voordat sy per lugambulans na Tygerberg-hospitaal naby Kaapstad geneem is vir verdere mediese sorg.

Foto verskaf: ER24

Sy het verskeie beserings opgedoen.

Die 40-jarige vrou is per ambulans na die Mediclinic in Stellenbosch gehaas.

Die oorblywende drie beseerdes is op die toneel behandel alvorens hulle ook na hospitale in die omgewing geneem is vir verdere sorg.