1. Kyk na foto’s. Haal die albums uit en kyk na babafoto’s of foto’s van jou gunstelingvakansie. Laat die herinneringe jou na daardie gelukkige plek terugneem en voel hoe jou gemoed ’n hupstoot kry.

2. Eet jou gelukkig. Probeer aan ’n paar neute kou of eet ’n salmslaai. Albei kosse is ryk aan omega-3-vette en studies het getoon dat dit mense minder geneig tot depressie maak.

3. Speel met ’n troeteldier. Min dinge sit vinniger ’n glimlag op jou gesig as om met jou geliefde troeteldier te speel.

4. Dans. Dit help jou spiere ontspan en verlig spanning in jou liggaam. Dans asof niemand kyk nie; verloor jouself in die musiek en beweging. Jy kan ook gaan stap; dit verbeter jou breinfunksionering en jou bui.

5. Kies geluk. Daar is goeie dae en slegte dae, maar jy kan ’n bewuste besluit maak om op die slegte dae gelukkig te wees. Wees dankbaar vir alles wat jy het; glimlag omdat jy lewe. En hou altyd die goeie dinge, soos jou gesin, in gedagte.

En wanneer nie een van die bogenoemde werk nie, moet jy onthou daar is niks fout met ’n bietjie huil nie. Dit is suiwerend en help jou dit hanteer wat jou pla. Moet net nie te veel tyd daaraan bestee nie.

Het jy hulp nodig?

As jy bui net nie wil verbeter nie en jy vermoed jy het hulp nodig, klik hier om die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep se webtuiste te besoek.

- Londiwe Dlomo

Bronne: prevention.com, thestrokefoundation.com, voices.yahoo.com, sadag.org